Die Parlement het bekend gemaak dat hy gaan optree teen twee parlementslede wat volgens die Zondo-verslag oor staatskaping hul posisies misbruik het.

Die speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Vrydag opdrag gegee dat die etiekkomitee die bevindinge teen Cedric Frolick en Winnie Ngwenya ondersoek.

Frolick is ʼn senior ANC-parlementslid wat luidens die Zondo-verslag betalings van die maatskappy Bosasa gekry het om die maatskappy se misdadige staatskontrakte te beskerm.

Daar word in die Zondo-verslag beweer dat beide Frolick en Ngwenya salarisse van Bosasa ontvang het om die maatskappy se kontrakte te beskerm.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×