‘n Nuwe stel reëls wat deur die parlement ingestel is, sal Donderdagaand geld sodat die staatsrede nie ontwrig kan word nie. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die parlement het tydens ‘n perskonferensie vanoggend gesê daar is vordering gemaak met die omvattende voorbereiding vir die staatsrede.

President Cyril Ramaphosa se staatsrede is die laaste jare gereeld deur veral Julius Malema en ander EFF-LP’s ontwrig. Die EFF is tans in die hof vir ‘n dringende aansoek dat Malema en ander partyleiers toegelaat moet word om Donderdagaand die staatsrede by te woon nadat hulle verbied is weens hul ontwrigtingstaktiek verlede jaar.

Mapisa-Nqakula het aan Netwerk 24 gesê die nuwe stel reëls sal Donderdagaand die eerste keer geld om orde in die parlement te handhaaf. Volgens die nuwe reëls sal geen LP toegelaat word om die president te onderbreek terwyl hy sy staatsrede lewer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×