Die parlementêre komitee wat die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se bevoegdheid ondersoek, wil voortgaan met hulle proses ondanks nog ‘n konstitusionele hof-herroepingsaansoek deur haar.

Die artikel 194-ondersoekkomitee het gister vergader om ‘n opdatering van die Parlement se regsadviseurs te kry.

Mkhwebane het weer die konstitusionele hof genader en sê die hof het versuim om ‘n uitgelekte SMS te oorweeg wat die hooggeregshof se beslissing teen haar vooruitgeloop het.

Komiteelede sê die SMS-lek het niks met die ondersoek te doen nie en dit moet voortgaan. Die komitee meen daar is geen wetlike belemmering om hulle te keer om nou met die proses voort te gaan nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×