Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is vir ’n drie-dae lange oorsigbesoek in Bloemfontein.

Volgens ‘n plasing op Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) se Facebook-blad is die doel om dienslewering op provinsiale en plaaslike vlak te monitor.

Die besoek het Dinsdagoggend by die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein begin.

Uitvoerende burgemeester van MMM, Gregory Nthatisi, het die besoek verwelkom en gesê hy sien uit na konstruktiewe gesprekke oor beter samewerking en goeie regering.

Nthatisi het verduidelik dat hierdie besprekings ’n duidelike beeld sal gee van waar die Metro tans is en waarheen hulle wil beweeg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×