Die man wat lewenslange tronkstraf uitdien vir die moord op Marike de Klerk – voormalige eggenote van wyle oudpresident FW de Klerk – word einde Augustus op parool vrygelaat.

Candice van Reenen, van die departement van korrektiewe dienste, het aan Standard gesê Luyanda Mboniswa is onder meer twee keer
lewenslange tronkstraf opgelê.

Hy is reeds 20 jaar in die Worcester-gevangenis.

Sy vrylating op parool is volgens Van Reenen in ooreenstemming met die Wet, aangesien hy die minimum vereiste tyd agter tralies deurgebring het.

Hy was 21 jaar oud toe hy daaraan skuldig bevind is dat hy die 64-jarige Marike in 2001 in haar woonstel in Table View vermoor het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×