Die paroolvrylating van die veroordeelde kindermoordenaar, Marius van der Westhuizen, is op ys. Van der Westhuizen, ‘n voormalige polisiebeampte, is skuldig bevind dat hy sy drie kinders in 2006 voor hulle ma Charlotte doodgeskiet het.

Doktor Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, sê aan Netwerk24 hy is nie daarvan oortuig dat die veroordeelde nie weer ‘n soortgelyke misdaad sal pleeg nie. Van der Westhuizen sou vandeesmaand nog op parool vrygelaat word, nadat hy 13 uit 24 jaar tronkstraf uitgedien het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×