Eskom het aangekondig dat fase-2 beurtkrag 17:00 vanmiddag tot 22:00 vanaand, wat as aandspitstyd beskou word, ingestel sal word.

Dit volg kort nadat Eskom vroeër in ‘n verklaring gesê het die kragstelsel is erg beperk en beurtkrag kan op kort kennisgewing geïmplementeer word.

In ‘n verklaring het Eskom gesê hulle het ‘n verdere 5 232 MW se opwekkingsvermoë wat onbeskikbaar is weens beplande instandhouding.

Netwerk24 berig beurtkrag sal elke aand die week geld tot Donderdag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×