’n Protesaksie deur pasiënte by die Pelonomi-hospitaal oor vertragings in chirurgiese prosedures en ander diensleweringskwessies het die EFF in die Vrystaat warm onder die kraag.

IOL berig dat die party in ‘n verklaring die provinsiale gesondheidsdepartement aangevat het, ná berigte dat die situasie by Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein, in die Mangaung-streek, erger geword het.

Hulle berig verder dat dit nie die eerste keer is dat die hospitaal omstredenheid oor sy beweerde onmenslike toestande veroorsaak nie. In 2021 is talle pasiënte uitgebeeld waar hulle op banke slaap. En in 2019 moes ‘n dokter tot uiterstes gegaan het om haarself te verdedig, nadat ‘n pasiënt na bewering probeer het om haar te verkrag, terwyl sy in een van die oornagpersoneelkwartiere geslaap het.

Intussen het Rosestad-nuus met Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, gepraat en wag vir hulle terugvoer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×