Talle pasiënte in die Universitas hospitaal word glo sedert die ergste hitte-golf in jare in die hoësorg-eenheid opgeneem omdat die lugverkoeling-stelsel in die hospitaal nie werk nie. Die voel soos om in ‘n oond te stap, het ‘n dokter wat die sale besoek, annoniem aan Netwerk 24 gesê. Die hospitaal se venters kan ook nie oopgemaak word nie. Talle pasiënte het glo ook al wond-sepsis van die erge hitte opgedoen. Van die dokters het gesê dit sal beter wees om die hospitaal te sluit totdat die lugverkoeling herstel is. In die meeste sale is dakwaaiers aangeskakel te midde van temperature ver bokant 30 grade celcius. Die woordvoerder van gesondheid in die Vrystaat, Mondli Mvambi, het gesê die hospitaal word tans opgeknap en dit het ‘n invloed op die lugverkoelingstelsel.