Pasiënte is in der haas ontruim toe ‘n brand by die Phuthuloha-hospitaal in Ficksburg uitbreek. Mondli Mvambi, gesondheidswoordvoerder vir die Vrystaat, sê die brand het waarskynlik sy ontstaan in ‘n kamer waar een van die pasiënte in afsondering behandel is.

Rookinaseming was een van die grootste risikofaktore, maar al elf pasiënte is suksesvol na veiligheid gebring. Die brand is vinnig geblus weens uitstekende samewerking van alle rolspelers. Niemand is in die voorval beseer nie, en die oorsaak van die brand word ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×