Tydens haar onverwagse besoek aan die Botchabelo-distrikhospitaal, het die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, vir pasiënte gesê dat hulle saam met hospitaalpersoneel moet werk, geduldig moet wees, en nie hulle hul frustrasies op personeel moet uithaal nie.
Luidens ‘n plasing op sosialemedia het sy ook tydens die besoek haar tevredenheid oor die algemene toestand van die fasiliteit uitgespreek, maar voeg by dat daar wel ‘n paar kwessies is wat aangespreek moet word.
Die hospitaal se uitvoerende hoof, Dokter Ariel Torres, het tydens die premier besoek gespog dat dié Bloemfonteinse hospitaal die eerste hospitaal in die Vrystaat is wat die sertifikaat van voldoening ontvang het.
Die sertifikaat dui aan dat die hospitaal vir Nasionale Gesondheidsversekering geakkrediteer is.