Aanklagte teen die beskuldigdes in die gewelddadige skrikbewind by ‘n laerskool in Gauteng, sluit in aanranding, intimidasie en oortreding van wetgewing op gevaarlike wapens. Pastoor Mboro Motshoeneng, sy seun Revival en lyfwag Clement Baloyi, tel onder die vyf mans wat gister vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn het.

Beeldmateriaal op sosialemedia wys hoe iemand wat soos Motshoeneng lyk, tesame met ander mans, personeel met pangas op die skoolgrond dreig. Die saak is tot volgende Vrydag uitgestel, wanneer die beskuldigdes na verwagting om borgtog aansoek sal doen. Al vyf mans sal tot dan agter tralies wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×