Paul Holden sal na verwagting vandag getuig oor Gupta-familie se geld

Die navorser, Paul Holden, wat in Londen gesetel is, sal na verwagting vandag voor die kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg getuig.

Luidens berigte sal sy getuienis hoofsaaklik handel oor die vloeipatroon van die Gupta-familie se geld.

In sy getuienis in Desember verlede jaar het hy vertel hoe die Estina-projek in die Vrystaat vir grootskaalse geldwassery gebruik is.

Oudpresident Jacob Zuma word daarvan beskuldig dat hy ‘n korrupte verhouding met die Gupta-familie het.

Hy het hulle na bewering ook toegelaat om in te meng by die aanstelling van ministers.

Zuma en die Gupta-familie ontken dat hulle enigiets verkeerd gedoen het.

Luister na potgooie hieronder