Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is ontsteld oor die onlangs beskadigde burgerbeelde rondom die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria.

Maroela Media berig dat twee geweerkolwe, lope en ’n geweerband afgesaag is.

FAK-erfnishulpbronspesialis, Leonie Marais, beweer dat die skade onlangs aangerig is en voel dat dit growwe nalatigheid van die Tshwane-metroraad is om nie die stad se kultuurerfenisbronne te beskerm nie.

Die FAK het ’n saak van opsetlike saakbeskadiging by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak en soek onmiddellike antwoorde oor hoe om verdere vandalisme te verhoed.

FAK-besturende direkteur, Danie Langner, bied hul kundigheid in die restourasieproses aan om die skade so spoedig moontlik te herstel tot sy eertydse glorie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×