Die adjunkpresident Paul Mashatile staar strafregtelike klagtes in die gesig nadat die DA-leier, John Steenhuisen, en die party se woordvoerder, Solly Malatsi, Maandag by die Kaapstadse polisiestasie klagtes gaan indien teen Mashatile.
SABC-nuus berig dit volg op ‘n reeks onthullings in die media oor Mashatile se beweerde betrokkenheid by korrupsie en staatskaping die afgelope bykans twee dekades. Die DA sê omdat die adjunkpresident deur die land se president aangestel word, het hy nagenoeg ‘n week gelede ‘n dossier met die bewerings by President Cyril Ramaphosa se kantoor ingehandig en hom versoek om teen Mashatile op te tree.
Die DA sê weens die president se sogenaamde onverskilligheid en versuim om op te tree gaan hy nou reg in eie hande neem om die van die ANC se korrupsie te bevry.