Hoewel ‘n magdom peilings op die teendeel dui, sê die regerende ANC hy is vol vertroue dat hy ‘n meerderheidsoorwinning in die verkiesing sal behaal. Die party hou môre sy laaste groot saamtrek in Soweto.
Dit word deur Fikile Mbalula, ANC-sekretaris-generaal, as die hoogtepunt van die party se werwingsveldtog, in aanloop tot die verkiesing bestempel. Volgens ontleders is dit veral in Gauteng en KwaZulu-Natal, waar die ANC se steunbasis aansienlik aan die krimp blyk te wees.