Die DA het die Menseregtekommissie versoek om vermeende menseregteskendings by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein te ondersoek. Die DA se skaduminister oor gesondheid, Michele Clarke, het gesê die toestande by die hospitaal stel die welstand van pasiënte in gevaar. Die rioolstelsel is glo in ‘n haglike toestand en die toilette en afvoergate loop oor. Maroela Media berig voorts personeel by die hospitaal het verskeie kwessies aangeroer tydens die DA se oorsigtelike besoek. Dit sluit ernstige personeeltekorte in. Ander knelpunte is onder meer toegang tot werkende rekenaars en verouderde en gebreekte toerusting. Die hospitaal se kommerwekkende sterftekoers onder babas is ook uitgelig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×