Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein se uitvoerende hoof, Jacob Setshego, sê geen lyke is besig om in die hospitaal se lykhuis te ontbind nie.

Netwerk24 berig Setshego voel die persoon wat dit aan die mediahuis gesê het, die departement probeer saboteer.

Netwerk24 beweer hulle het foto’s gesien wat die teendeel bewys, maar was in elk geval deur die Departement van Gesondheid genooi om gister die hospitaal te besoek.

Dit is nadat op 14 Februarie berig is lyke ontbind in die hospitaal se lykhuis weens die staatslykhuis wat steeds gesluit is. 

LEES MEER: Bloemfontein se staatslykhuis ontwrig die strafregstelsel

Terwyl die woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, ten sterkste ontken daar is ’n agterstand in lykskouings, het Netwerk24 met hul besoek gevind daar blyk steeds toegang te wees om met liggame te peuter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×