Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, sê die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein het een van die beste dialise-eenhede in die land – en sy voeg by die pasiënte met wie sy gepraat het, voel ook so.
Volgens ‘n plasing op sosialemedia het die hospitaal nog sekere uitdagings wat die bestuur van die fasiliteit beinvloed, maar Letsoha-Mathae is tevrede met die vordering.
Van die gesondheidsfasiliteite, soos die Bloemfonteinse Nasionale Hospitaal, wat nie ten volle in werking is nie, dra tot die uitdagings by. Sy sê wel daar is hoop, aangesien die privaat fasilteit naby Pelonomi se kontrak binnekort sal verstryk, en die gebou dan as ‘n kraamsaal gebruik sal word.
Om te verseker dat gesondheidstandaarde gehandhaaf word, sal die premier gesondheidsfasiliteite regoor die provinsie besoek.