‘n Nuwe komitee is 30 dae kans gegee om die ‘n ondersoek na die beweerde toesmeerdery van mediese nalatigheid by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein te voltooi.
Die komitee bestaan, volgens Netwerk24, uit twee dokters en ‘n amptenaar van die departement van gesondheid se mensehulpbronne eenheid.
Die ondersoek volg na ‘n forensiese staatspatoloog, dr. Naas Ferreira, ‘n verslag oor die beweerde toesmeerdery, met betrekking tot die sterftes van pasiënte in die hospitaal, aan verskeie amptenare in die Vrystaatse en nasionale departemente van gesondheid gestuur het.
Die vorige ondersoeker, het in April met ‘n 24-uur-kennisgewing bedank nadat Netwerk24 navrae oor die verslag aan die departement gestuur het.