Pemmy Madjodina, Suid-Afrika se nuwe minister van water en sanitasie, het diegene by vandag se inhuldigingseremonie laat skaterlag, én het boonop ‘n spraakles by hoofregter Raymond Zondo gekry. Madjodina het vasgehaak by die woord, ‘conscientiously,’ maar sy het haar bes gedoen om deur die tongknoper te praat.
Hierna het sy saam met die gehoor vir haar blaps gelag. President Cyril Ramaphosa het geruk van die lag terwyl hy sy kop laat sak meet een han oor sy oë, Terwyl sy adjunk, Paul Mashatile luidkeels gelag het terwyl hy in Madjodina se rigting kyk. Hoofregter Raymond Zondo, wat die inhuldigingseremonie lei, het toe sommer ook vinnig vir die nuwe minister geleer om die woord korrek uit te spreek.