Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens waarsku pensioenfondslede wat beplan om van September af geld uit hul spaarpot te onttrek om seker te maak hulle is vir belasting geregistreer.
Dít ongeag hoeveel hulle verdien.
Dit is omdat belasting afgetrek moet word van enige bedrag wat onttrek word. Die inkomstediens moedig ook administrateurs van pensioenfondse aan om die diens se stelsel te toets vir die nuwe tweepostelsel voordat dit in September begin.
Die geleentheid om dit te toets is nog tot 30 Augustus beskikbaar.
Intussen het die vakbondfederasie, Cosatu, gesê die implementering van die tweepot-stelsel lê ‘n grondslag vir verdere pensioenhervormings.
Werkers wat pensioenfondslede is, sal – onderworpe aan sekere voorwaardes – toegang hê tot ‘n derde van hul fondse in ‘n spaarpot. Die oorblywende twee derdes sal tot aftrede in die tweede pot gehou word.
SABC-nuus berig Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê hulle is tevrede met wat hulle bereik het, en het reeds met Tesourie begin onderhandel oor die volgende stel hervormings.