Personeellede van ‘n private skool in Bloemfontein is al byna ‘n jaar lank in ‘n geldelike verknorsing, omdat hul maandelikse salaris drupsgewys en ongereeld oorbetaal word.

Netwerk24 berig werknemers van die private skool in Universitas in Bloemfontein het gesê hulle kan nie hulle verpligtinge nakom nie, omdat hulle hul geld in paaiemente kry en ook nie weet hoeveel of wanneer hulle betaal gaan word nie.

Die skool het skynbaar eers onlangs sy salarisse vir Oktober afgehandel en teen gister was November se salarisse na bewering ook nog nie betaal nie.

Personeellede wou uit vrees vir vervolging anoniem bly.

Van hulle het gesê dat hul salarisse in tot soveel as sewe tot tien paaiemente aan hulle oorbetaal word.

Die grootste paaiemente is ongeveer R2 000 en die kleinstes nagenoeg R400.

Een onderwyser het gesê sommige onderwysers het reeds hul blyplekke verloor omdat hulle nie daarvoor kon betaal nie.

Die skool het by navraag gesê dat sy geldsake niks met die media te doene het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×