Die lewe van Pesa Pheko word op 11 Maart by die Botchabelo Sechaba Mahobe-biblioteek en op 12 Maart by die Sand Du Plessis-teater, Pacofs, in Bloemfontein gevier.
Die veelsydige kunstenaar en leier in die Vrystaatse kuns- en kultuurwêreld sal op 14 Maart in Botchabelo ter ruste gelê word.
Rosestad-nuus het vroeër berig DNS-toetsresultate het bevestig dat die verbrande liggaam wat in Dealesville gevind is, die van die eers-vermiste Pheko is.
Sy vrou, Nombulelo Pheko, en Dlamini Rasasoeu wat aanvanklik vir sameswering om moord te pleeg in hegtenis geneem is, staan nou op aanklagte van moord tereg.