Die 34-jarige Nombulelo Pheko en 39-jarige Dlamini Ramosoeu, wat aanvanklik in hegtenis geneem is vir sameswering om moord te pleeg sal nou, ná DNS-toetsresultate, op aanklagte van moord teregstaan.

Polisiewoordvoerder, Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid is verlede jaar Julie van ‘n verbrande liggaam in Dealsville, in kennis gestel.

Weens die toestand van die ligaam is DNS onttrek en vir ontleding gestuur. Dié DNS stem ooreen met ‘n familielied van die veelsydige kunstenaar en leier in die Vrystaatse kuns- en kultuurwêreld, Pesa Pheko.

Rosestad-nuus het vroeër berig sy familie het hom by die Botshabelo-polisiekantoor as vermis aangemeld.

Die verdagtes is tans in polisie-aanhouding en sal na verwagting op 25 Maart vanjaar in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklag van moord verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×