Peter Thabethe kry borgtog van R10 000

Die borgtogaansoeke van die voormalige hoof van die Vrystaatse departement van Landbou, Peter Thabethe en die sakeman met Gupta-bande, Iqbal Sharma draai vandag in die Bloemfotneinse Landdroshof.

Soos vroeër berig is Thabethe en Sharma verlede week in hegtenis geneem en het hulle Donderdag verlede week saam met die
voormalige hoof en finansiële hoof van Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Limakatso Moorosi en Seipati Dhlamini in die hof verskyn.

Moorosi en Seipati is toe op borgtog van tienduisend rand elk vrygelaat.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery wat verband hou met die beweerde
samespanning om fondse te herlei wat bedoel was vir landelike ontwikkeling in die provinsie.

Borgtog van R10 000 is intussen aan Thabethe toegestaan op die voorwaarde dat hy sy passpoort inhandig.

Sharma se borgtogaansoek sal na verwagting 2-uur vanmiddag aangehoor word.

Luister na potgooie hieronder