Petrol en Diesel pryse sal na verwagting middernag onderskeidelik daal en styg

Die petrolprys sal vanaand om middernag met 13 sent per liter daal.
Die prys van diesel sal egter met 19 sent per liter styg, en dié van paraffien met soveel as 38 sent per liter styg.
Layton Beard, die woorvoerder van die Outomobiel Assosiasie, sê die daling in die petrolprys is te danke aan die rand se stewiger vertoning teenoor die
Amerikaanse dollar.
Hy sê indien die rand verder versterk, kan motoriste uitsien na ‘n nog laer petrolprys in Januarie.

Luister na potgooie hieronder