Petrol en diesel se prys styg nagenoeg met onderskeidelik 75 sent per liter en 74 sent per liter. Netwerk 24 berig die syfers is vir 95-oktaan petrol en diesel met ‘n 0,05% swael-inhoud. Dit is die laaste onderverhaling vir Februarie nadat die prysstyging ‘n week gelede getoon het dat petrol en diesel met 48 sent en 46 sent ‘n liter sou styg.
Die verhoging vir volgende week is die gevolg van ‘n skerp styging in die internasionale prys van brandstof. Die styging vir Februarie kom neer op sowat R37.50 vir ‘n tenk petrol en R37 vir diesel. Dit is die eerste styging in brandstofpryse na drie maande waarin dit gedaal het.