‘n Petroljoggie is vroeër vandag dood, nadat gewapende rowers op ‘n vulstasie in Mamelodi toegesak het.
Polisie-kolonel Noxolo Kweza, het aan Maroela Media gesê die rowers het plofstof gebruik om ‘n kluis oop te skiet. Verskeie skote is afgevuur. Die oorledene is ernstig in die skietery gewond en het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Vyf gewapende mans het in ‘n afsonderlike voorval vandag by ‘n ander vulstasie in Mamelodi toegeslaan. Ook hier is die kluis met plofstof opgeblaas, voordat die rowers ‘n vulstasie-klant se motor gekaap en van die toneel af weggejaag het.