Alhoewel Suid-Afrikaners op ‘n daling in petrolpryse gehoop het, sal motoriste van Woensdag af verhoogde brandstofkoste in die gesig staar. Dit soos deur die departement van minerale en petroleumhulpbronne aangekondig.
SABC News berig beide grade petrol sal met 17 sent per liter styg, diesel sal met tussen 54 en 55 sent per liter styg, en groothandel paraffienpryse sal met 48 sent per liter styg. Die styging is volgens die woordvoerder van die departement, Robet Maake, aan hoër dieselpryse gedryf deur die verhoogde aanvraag in Europa en Amerika gedurende die winterseisoen toe te skryf.
Hy het ook aanpassings wat deur die minister goedgekeur is uitgelig en sê die minister het die jaarlikse marge-aanpassing van die netto verhoging van 15,4 sent per liter op petrol en 8,88 sent op diesel en verligtingsparaffien, in ooreenstemming met die regulatoriese rekeningkundige stelselriglyne, goedgekeur