Die drie beskuldigdes in die beweerde diefstal van miljoene rand se buitelandse geld op President Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala, verskyn vandag in die landdroshof op Bela Bela in Limpopo.
Hulle staan tereg op aanklagte van huisbraak, diefstal en sameswering tot huisbraak. Luidens SABC-nuus hou dit verband met die diefstal in Februarie 2020, toe 580 000 Amerikaanse dollar op die president se plaas gesteel is. Floriana and Ndilinasho Joseph – ‘n broer en suster, is op borgtog van onderskeidelik R5 000 en R10 000 vrygelaat.
Floriana was ‘n huiswerker op die plaas ten tye van die diefstal. Die vermeende meesterbrein, Imanuwela David, is borgtog geweier. Die hof het beslis hy is ‘n vlugrisiko, en polisie kon ook nie sy woonadres bevestig nie.