Die derde verdagte, ‘n 27-jarige man, wat in verband met die inbraak by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Bela-Bela, Limpopo, in hegtenis geneem is, sal vandag saam met twee ander beskuldigdes in die hof verskyn. Die plaas se voormalige huishulp, Floriana Joseph, en medebeskuldigde, Imanuwela David, moet hul tweede hofverskyning maak. Die drie het na bewering in Februarie 2020 580-duisend dollar uit ‘n rusbank op die plaas gesteel. Die geld was glo eers in ‘n kluis. Hulle staan tereg op aanklagte van onder meer huisbraak, diefstal en geldwassery. Die Nasionale Vervolgingsgesag verwag dat nog minstens drie persone aangekeer sal word.
