Philippa Johnson-Dwyer van Suid-Afrika het ‘n goeie vertoning in die dressuur-vrystyl (Graad 4) gelewer

Philippa Johnson-Dwyer van Suid-Afrika het ‘n goeie vertoning in die dressuur-vrystyl (Graad 4) gelewer en is ‘n telling van 71.55 % toegeken in die eindronde.

Dit was egter nie goed genoeg vir ‘n medalje nie en sy behaal uiteindelik die 8ste plek.

In rolstoeltennis is die 6de-gekeurde Kgothatso Montjane in haar tweede ronde wedstryd teen Ziying Wang van China met 6 – 2 en 6 – 3 uitgeskakel.

In die Mans 100m eindronde het Puseletso Mabote 7de in die T-63 kategorie geëindig terwyl Mpumelelo Mhlongo 5de oor die wenstreep gehardloop het in die T-64 kategorie in ‘n nuwe Paralimpiese rekord-tyd van 11,03 sekondes .

Luister na potgooie hieronder