Die ikoniese Britse rockgroep Pink Floyd het ingestem om hul opgeneemde musiek en regte aan Sony Music vir nagenoeg 400-miljoen dollar te verkoop.

WION berig die ooreenkoms kom ná jare se onderhandeling en regsstryery tussen groeplede. Die meeste van Pink Floyd se kunswerke wat grootliks deur die Britse firma Hipgnosis ontwerp is, is by die ooreenkoms ingesluit.  Daar is geen amptelike verklaring deur enige van die groeplede of Sony nie.

Sommige van die bekendste Pink Floyd-albums sluit in “Dark Side of the Moon“; “The Wall“; “Wish You Were Here“; “Animals“; “Meddle“; “Piper at the Gates of Dawn” en “More” . Intussen het Sony die afgelope paar jaar meer as ‘n miljard dollar bestee aan katalogusse van Bruce Springsteen, Bob Dylan en Queen se nie-Noord-Amerikaanse regte.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×