‘n Pitbull het ’n werknemer in Mbombela noodlottig gebyt.

Volgens Maroela Media het die polisie-woordvoerder, kol. Donald Mdhluli, bevestig dat die slagoffer op die werkgewer se perseel gewoon het en die pitbull-terriërs versorg.

Die honde is glo meestal toegesluit en word slegs vroegoggend tussen 01:00 en 04:30 losgelaat om die area te patrolleer.

Die werknemer het na bewering vroeg die oggend teruggekeer en is noodlottig deur die pitbull aangeval.

‘n Sekuriteitswag het later die liggaam gevind met die hond langs die slagoffer. Die eienaar is van die voorval in kennis gestel en beamptes van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het die betrokke pitbull van kant gemaak.

Naasbestaandes is ingelig en die polisiekommissaris het onderneem om die voorval deeglik te ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×