Plaasaanval: Die bekende Vrystaatse boer, Mimie Jacobs, herstel in ‘n Bloemfonteinse hospitaal

 Plaasaanval: Die bekende Vrystaatse boer, Mimie Jacobs, herstel in ‘n Bloemfonteinse hospitaal

Die Vrystaat se Vroueboer van die Jaar vir 2016 herstel tans in die hospitaal nadat sy ernstig beseer is in ’n plaasaanval.

Mimie Jacobs is die naweek deur drie mans oorrompel wat in haar huis buite Mangaung ingebreek het.

Hulle het gedreig om haar te verkrag en te vermoor en gedwing om geld oor te plaas.

Hulle het haar in die kop gesteek en vasgebind voordat hulle gevlug het.

Jacobs kon later daarin slaag om haarself los te maak en het op ’n buurplaas gaan hulp soek.