Plaasaanvalle in die Vrystaat het ‘n styging van 35,9% beleef op ń jaar tot jaar grondslag

Plaasaanvalle in die Vrystaat het ‘n styging van 35,9% beleef op ń jaar tot jaar grondslag.
Volgens dr. Jane Buys, ‘n risiko-ontleder by Vrystaat Landbou, het daar 19 méér plaasaanvalle tussen 1 April en 30 November vanjaar plaasgevind
teenoor dieselfde tydperk in 2019.
Volgens Netwerk24 was daar verlede jaar in dié tydperk 34 plaasaanvalle wat 6 moorde ingesuit het, vanjaar was daar 53 plaasaanvalle waarvan 8 in moorde geëindig het.
Al 8 moorde het in ‘n tydperk van net meer as twee maande plaasgevind, waarvan 5 in die Goudveld plaasgevind het.
Volgens Buys is die grensgebied teen Lesotho steeds die streek wat die meeste misdaad ondervind.

Luister na potgooie hieronder