Altesame nege plaasaanvalle en twee plaasmoorde is tussen 22 en 30 Julie in die land aangemeld. Volgens Afriforum het die aanvalle in die Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Mpumalanga plaasgevind. Maroela Media berig vier verdagtes het ook gister in die hof in Balfour verskyn vir die moord op die 71-jarige Theo Bekker en die aanval op sy vrou, Marinda. Bekker het geboer in die Groenvlei-omgewing. Groepe boere het tydens die verdagtes se verskyning voor die hof saamgedrom. Die DA se skaduminister vir landbou, Noko Masipa, het gevra vir ‘n ondersoek om die moontlikheid van die EFF se aanhitsing van geweld te ondersoek wat weer die Kill the Boer-liedjie die afgelope naweek tydens die party se 10-jaar feesviering in Johannesburg gesing het.
