Plaasaanvalle het met 21% toegeneem in die derde kwartaal vanjaar vergeleke met die tweede kwartaal luidens Afriforum se afdeling vir gemeenskapsveilgheid. Vir die tydperk Julie tot September is 88 plaasaanvalle, insluitend 13 plaasmoorde aangeteken. In die tweede kwartaal, April tot Julie, is 73 plaasaanvalle, insluitend 23 moorde aangeteken. Jacques Broodryk, Afriforum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, het in ‘n verklaring gesê die aantal plaasaanvalle wat in die derde kwartaal aangeteken is, is die meeste tot nog toe vir die jaar. Die Vrystaat het die meeste aanvalle gehad. Broodryk het bygevoeg indien die tendens voortgesit word, kan daar verwag word dat die aantal aanvalle in die vierde kwartaal sal bly styg. Die derde kwartaal se statistieke toon ‘n gemiddeld van 6,7 plaasaanvalle per week, wat neerkom op byna een plaasaanval per dag. Bejaardes ouer as 60 is die grootste teiken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×