Suid-Afrika se ruimteprogram het gister ‘n hupstoot gekry met die lansering van drie plaaslik vervaardigde nano-satelliete, bekend as MDASat-1. Dit vorm deel van ‘n operasionele konstellasie van nege kubussatelliete wat gebruik sal word ter ondersteuning van Suid-Afrika se maritieme bewustheid en om toesig te hou oor oseane en omgewingsprojekte. Die satelliete is deur die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk se maatskappy, SpaceX, in Florida in Amerika gelanseer. Die departement van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie het die afgelope drie jaar 27 miljoen rand bestee aan die ontwikkeling van MDASat-program.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×