Die Onafhanklike Gemeenskapsaptekersvereniging (ICPA) gaan ‘n Menslike Immuniteitsgebreksvirus (M.I.V) bewusmakings- en toetsveldtog regoor die land lei. Die veldtog is in samewerking met Population Services International en sowat 400 plaaslike apteke wat by die ICPA geaffilieer is. Die organisasies sal M.I.V-selfondersoek-toetsstelle vir 50-rand aanbied. ICPA se hoof- uitvoerende beampte, Jackie Maimin, sê hierdie bekostigbare prys verseker dat mense uit alle vlakke van die samelewing maklik hul status kan bepaal. Sy sê die toetsstel sal ook tradisionele kosteversperrings uitskakel en volledige vertroulikheid moontlik maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×