Plaasmoorde vier nou ‘n angswekkende hoogty.

Volgens die landbou organisasie SAAI is daar die afgelope nege dae reeds soveel as vier boere op hul plase vermoor.

In Julie was daar twee moorde, in Augustus sewe moorde en September ook sewe moorde.

Die voorsitter van SAAI, doktor Theo de Jager, het gesê dit kan nie so aangaan nie en daar moet iets gedoen word om hierdie krisis aan te spreek.

Hy het gesê dit gaan nie help om te wag vir die Suid-Afrikaanse regering om die aangeleentheid op te los nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×