Lede van ‘n plaaswagpatrollie by Heilbron in die Vrystaat, het drie vermeende veediewe se planne behoorlik in die wiele gery.
Deur patrollielede se flinke optrede, is die diefstal van skaap ter waarde van meer as R120 000 voorkom.
Volgens Maroela Media was die boere lank voor eerste lig op patrollie, toe hulle op drie onbekende mans afkom wat ‘n trop skape aanjaag.
Toe die mans besef hulle is op heterdaad betrap, het al drie laat spaander.
Die boere kon daarin slaag om een van die verdagtes vas te trek. Sy beweerde makkers is steeds op vrye voet.