Generaal Bantu Holomisa, president van die United Democratic Movement, of UDM, het vanoggend telefonies aan Rosestad-nuus gesê hy sien uit na die moontlikheid van ‘n koalisie-regering ná volgende jaar se algemene verkiesing.

Volgens Holomisa is sy hoofdoel – en eintlik sy énigste doel – om stabiliteit op alle vlakke van regering te bewerkstellig.

Hy is bereid om met énige politieke party saam te werk om hierdie doel te bereik.

Aldus Holomisa kan daar géén ommeswaai wees terwyl diegene wat die land behoort te bestuur, nie hulle werk doen nie.

‘n Nasionale konvensie ter bespreking van ‘n moontlike koalisie-regering word in Augustus onder die Moonshot-vaandel gehou.

Benewens die UDM, is die DA, IVP, VF Plus en ActionSA se name ook reeds op die konvensie-gastelys.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×