‘n Plan word beraam om die kunstenaars wat vanjaar by die Vrystaat Kunstefees opgetree het teen Februarie te kan betaal.

Die Vrystaat Kunstefees se raad het in ‘n verklaring herbevestig dat kunstenaars wel betaal gaan word, nadat daar vroeër berig is dat kunstenaars tot op hede nog nie vir hul optredes vergoed is nie.

Volksblad berig die raad het gesê hy ondersoek besluite en aksies wat gelei het tot die laatbetaling van kunstenaars na die fees, waarvan een in Junie en een in Oktober gehou is.

Die raad het gesê sy geldelike situasie sou beslis in staat gewees het om die situasie te kon hanteer, indien die werklike inkomste met die geprojekteerde inkomste ooreengestem het.

Weens swak kaartjieverkope vir die fees, het ‘n kontantvloeiprobleem nou ontstaan.

Hoewel die huidige finansiële beplanning betaling in Februarie voorsien, werk die raad onverpoos om geld vroeër beskikbaar te maak indien dit enigsins moontlik is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×