Vertragings in die plasing van gegradueerde dokters is besig om die land se gesondheidsektor lam te lê.
Dit is luidens die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging-vakbond, Samatu. Dit minister van Gesondheid sê hulle voer tans gesprek met die nasionale Tesourie om die begroting te vergroot sodat nuut gekwalifiseerde dokters in diens geneem kan word.
Hy sê die departement stel ondersoek in om die huidige proses van plasing te hersien. Samatu se hoofsekretaris, Cedric Sihlangu, sê daar bestaan nie ‘n politieke wil om die probleem op los nie, omdat politici nie gebruik maak van staatshospitale nie.