Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of OUTA, doen ‘n beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om die een-rand-50 per liter tydelike vermindering van die algemene brandstofheffing verder as 31 Mei te verleng. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenhage, sê as die minister hierdie verligting nie verleng nie kan dit beteken dat brandstof tot soveel as vyf-en-twintig rand per liter in die komende maande kan kos. Duvenhage erken dat die verlenging die Nasionale Tesourie se invorderings met sowat twee-komma-agt miljard rand per maand raak. Hy meen egter dat die ekonomie aansienlik slegter daaraan toe sal wees met petrolpryse wat vyf-en-twintig rand per liter oorskry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×