Vandag is Wêreldvigsdag. Professor Amy Slogrove, van die departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Universiteit Stellenbosch, skryf in Health24 dit is tyd om kinders by wêreldwye en by Suid-Afrikaanse MIV- en kindergesondheidagendas in te sluit.

In 2020 het sowat 36 miljoen volwassenes en 1,8 miljoen kinders jonger as 15 jaar wêreldwyd met MIV saamgeleef.

Voorts is 15,4 miljoen kinders gebore wie se ma’s MIV gehad het, maar wat nie self MIV opgedoen het nie.

In lande in Suider-Afrika, insluitende Eswatini, Lesotho en Suid-Afrika, is een uit elke vier kinders voor en met geboorte aan MIV blootgestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×