Bloemfontein se gemeenskaplede het saam gewerk om die tweede verdagte in die moord en verdwyning van die 30-jarige Disebo Portia Mosupa, vas te trek.

Luidens ‘n polisie-verklaring is die Bloemfonteinse taktiese reaksiespan en Mangaung-speurders na ‘n huis in fase 4 in Bloemfontein geneem waar die tweede verdagte gevind en in hegtenis geneem is. Sy inhegtenisname kom nadat Mosupa se liggaam deur forensiese ondersoekers opgegrawe is waar dit in ‘n gebruikte graf by die Welkom-begraafplaas gevind is.

Een verdagte het Maandag in die Welkom-landdroshof vir moord verskyn, terwyl dié tweede verdagte binnekort sy eerste hofverskyning in Welkom sal maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×