Die Suid-Afrikaanse Pluimveebedryf vra vir verpligte inenting teen voëlgriep. Dit terwyl die pluimveebedryf steeds probeer herstel na die verwoestende voëlgriep-uitbreking verlede jaar. Volgens ‘n verklaring van die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging, of SAPV, is die afgelope jaar gekenmerk deur groot verliese en dat onmiddellike ingryping nodig is om nog ‘n katastrofiese uitbreking te verhoed.

Die bedryf het gesteun op die uitroei-beleid, in dié geval om die N7N6-stam uit te roei, wat ondoeltreffend was. Luidens die verklaring dra produsente swaar verliese vir die pluimvee wat van kant gemaak moes word asook die koste om ‘n nuwe kudde op te bou. Dringende optrede is nodig om inentingsvereistes met praktiese inwerkingstelling te laat strook om toekomstige rampe te verhoed.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×